Hulpbronne: Beginners & Veterane

Sosiale media:

Sluit aan by ‘n e-posgesprekgroep waar ongeveer 1500 tuisskolers deurlopend allerlei aspekte van tuisonderwys bespreek. Maak u eie bydraes, stel vrae, of volg net die gesprekke. Slaan verskillende interessante onderwerpe na in die argief van die groep. Stuur ‘n leë e-pos aan: tuisonderwys-subscribe@yahoogroups.com

Daar is ook talle Suid-Afrikaanse Facebookblaaie en -groepe waar u tuisskolers kan ontmoet.

Webwerwe:

Christian Unschooling :   Webwerf deur een van die pioniers in tuisonderwys in Suid-Afrika (wat nou in Engeland woon). Cathy Koetsier verduidelik beginsels en praktyk van die “Selfleer” – benadering. Een van die heel beste bronne vir beginners om te verstaan watter moontlikhede tuisonderwys vir hul hulle en hul kinders kan oopmaak, om onderwys te kry wat ver beter is as wat moontlik is in skole.

Dynamis Martie du Plessis van Dynamis bied seminare en konsultasies vir tuisskolers aan.

Vereniging vir Tuisonderwys :   ‘n Groot verskeidenheid algemene inligting en kommentaar oor tuisonderwys, asook verwysings na ander bronne.

Shirley Erwee se webblad: ‘n Wye verskeidenheid inligting oor tuisonderwys.

BeitHaSefer verskaf opvoedkundige materiale. Kontak Lindy Malan 012 5460701 vir alle soorte handboeke en materiaal vir alle grade.

Afrikaans vir Graad 1 tot 3 is verkrygbaar by Omvattend Afrikaans deur Willemien Kruger.

Wiskundehandboeke (Gr 00 – 7) is beskikbaar by Brombacher and Associates: ekonomies en effektief.

Opsoek na ‘n tutor? Probeer Cognition.Online – ontwikkel deur oud-tuisskoler Waldo Boshoff. Dit is ’n toep-gebaseerde platform in iOS en Android, wat die tutor-industrie ’n splinternuwe baadjie aantrek, en alle ander platforms wat tans beskikbaar is, verbysteek. ’n Bietjie soos Uber en AirBnB, ontmoet studente-vraag en tutor-aanbod mekaar teen ’n wedersyds ooreengekome prys.

e-Library is ‘n handige, gebruikersvriendelike en bekostigbare elektroniese biblioteek. Wat dit so uniek maak, is dat die biblioteek vir jou kinders ouderdomgepaste boeke het en dat die biblioteek platformvoorstelle gee op grond van die leser se belangstellings. Jy kan die boeke lees op die meeste elektroniese toerusting, insluitende tablette, slimfone, en direk op jou rekenaar. Die biblioteek het ook oudioboeke en saamleesboeke.

Opsies vir matriek:

Association for Homeschooling

Footprints on our land (High School)

%d bloggers like this: