Tuisonderwys met Vertroue: Werkswinkel Kroonstad: 23/6/2018

23Jun2018

Van der Lingenstraat 101, Panorama, Kroonstad

From 9:30 vir 10:00 until 14:00

Van der Lingenstraat 101, Panorama, Kroonstad

R110 per gesin vir lede van die Pestalozzi Trust; R410 per gesin vir nie-lede van die Trust

Pestalozzi Trust / karin@pestalozzi.org

Tuisonderwys met Vertroue: Werkswinkel: Kroonstad 23/6/2018 

Bespreking noodsaaklik!

Die aanbieder is Karin van Oostrum. Haar drie dogters, Cornelia (30), Uda (24) en Katrina (20), was nog nooit in ‘n skool nie. Sy het in die amper 30 jaar van tuisonderwys baie geleer—saam met haar kinders, en ook by ander tuisskolers. Sy en haar wyle man, Leendert van Oostrum, het in 1992 die Vereniging vir Tuisonderwys saam met ander tuisskolers gestig. In 1998 het hulle die Pestalozzi Trust, die regsfonds vir tuisonderwys, gestig, en die Trust sedertdien saam behartig.

Sedert haar man se dood in Oktober 2016 is sy as die Bestuurder van die Trust verantwoordelik vir die algemene en finansiële administrasie daarvan. Sy hanteer ook daagliks telefoniese en e-posnavrae oor verskillende aspekte van tuisonderwys, en is die eerste kontak vir noodoproepe van lede wat in konflik kom met die owerheid.

Sy en haar dogters, Uda en Katrina, het so pas teruggekeer van die Global Home Education Conference 2018 (GHEC 2018) in Rusland. Sy het Leendert ook vergesel na die GHEC 2012 in Berlyn en die GHEC 2016 in Rio de Janeiro. In 2014 was hulle ook in Nairobi, Kenia op uitnodiging Oos-Afrika-tuisskolers (EACH). Sy was bevoorreg om saam met Leendert ‘n groot omwenteling in Suid-Afrika te kon beleef: vir die handjievol tuisskoolgesinne in 1992 was daar geen voorsiening in die wet nie. Vandag is daar deur die Here se genade voorsiening in die wet vir tuisonderwys (alhoewel dit gebrekkig is) en daar is tienduisende tuisskolers in Suid-Afrika, met baie ondersteuningsgroepe, inligtingbronne, kurrikulum-verskaffers, poslyste en groepe op sosiale media.

Wat doen ons? Advies en bemoediging, vir beginners en veterane. Ons bespreek regskwessies en praktiese probleme: die invloed van die BELA Bill en voorgestelde beleid; sosialisering; dissipline; matriek. Ons leer by mekaar en help mekaar.

Is kinders welkom? Kinders is welkom, maar ouers is verantwoordelik vir hul kinders se gedrag en veiligheid. Grootouers kom as deel van die gesin. (Voltooi net asseblief 'n aparte besprekingsvorm.) Bring asseblief ‘n piekniekmandjie saam vir middagete. Koffie en tee sal verskaf word.

Waar? Van der Lingenstraat 101, Panorama, Kroonstad.

Tyd? 10:00-14:00

Koste: R110 per gesin vir lede van die Pestalozzi Trust, en R410 per gesin vir nie-lede.

Om te bespreek:Bespreek asseblief voor die tyd – plekke beperk. Besprekings sluit Donderdag 21/6/2018.

Deponeer asseblief u fooi met u naam en die datum van die seminaar as verwysing. Faks of e-pos dan ‘n bewys van u betaling saam met u besprekingsvorm so spoedig moontlik saam met u naam, telefoonnommer(s), e-posadres, en aantal mense wat die werkswinkel gaan bywoon na (011) 507 5997, of karin@pestalozzi.org. Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA, 4048112677, Takkode: 335545 (Hatfield), tjek­rekening. Nog nie 'n lid nie, maar wil graag aansluit? Sluit gerus nou aan.

Volgende werkwinkels:

17 (English), 18 (Afrikaans) September 2018 Kaapstad

29 September 2018 Pretoria (English)

3 November 2018 Pretoria (Small Schools)

12 November 2018 Southbroom (English)

17 November 2018 Pretoria (Afrikaans)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d bloggers like this: