Tuisonderwys met Vertroue 2018.11.17 Pretoria

17Nov2018

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria. Parkering beskikbaar.

Tuisonderwys met Vertroue

From 8:30 for 9:00 until 14:00

At GK Bet-El

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria. Parkering beskikbaar.

R110 per gesin vir lede van die Pestalozzi Trust; R410 per gesin vir nie-lede van die Trust

Pestalozzi Trust / karin@pestalozzi.org

Kom vra jou vrae!

Hoe werk tuisonderwys? Wat doen die Pestalozzi Trust vir sy lede? Is tuisonderwys (nog steeds) wettig? Wat sê die wet oor tuisonderwys en my kind se reg op tuisonderwys? Moet ek registreer? Kan die welsyn my kinders wegvat? Hoe moet ek my kind leer om aan die wet se vereistes te voldoen? Hoe verskil tuisonderwys van skoolonderwys? Wat van sosialisering? Wat van matriek? Hoe kan ek my huis versorg as ek tuisskool? Kan ek werk en tuisskool? Watter kurrikulum of benadering moet ek kies? Hulpbronne? Hoe organiseer ek my dag? Wat van negatiewe kommentaar van familie en vriende? …

Die Aanbieder

Karin van Oostrum se drie dogters, Cornelia (30), Uda (24) en Katrina (20), was nog nooit in ‘n skool nie. Sy het in die 30 jaar van tuisonderwys baie geleer—saam met haar kinders, en ook by ander tuisskolers. Sy en haar wyle man, Leendert van Oostrum, het in 1992 die Vereniging vir Tuisonderwys saam met ander tuisskolers gestig. In 1998 het hulle die Pestalozzi Trust, die regsfonds vir tuisonderwys, gestig, en die Trust sedertdien saam behartig.

Sedert haar man se dood in Oktober 2016 is sy as die Bestuurder van die Trust verantwoordelik vir die algemene en finansiële administrasie daarvan. Sy hanteer ook daagliks telefoniese en e-posnavrae oor verskillende aspekte van tuisonderwys, en is die eerste kontak vir noodoproepe van lede wat in konflik kom met die owerheid.

Sy het Leendert ook vergesel na die Global Home Education Conference 2012 in Berlyn, die GHEC 2016 in Rio de Janeiro en het saam met haar kinders die GHEC 2018 in Rusland bygewoon. In 2014 was hulle ook in Nairobi, Kenia op uitnodiging Oos-Afrika-tuisskolers (EACH). Sy was bevoorreg om saam met Leendert ‘n groot omwenteling in Suid-Afrika te kon beleef: vir die handjievol tuisskoolgesinne in 1992 was daar geen voorsiening in die wet nie. Vandag is daar deur die Here se genade voorsiening in die wet vir tuisonderwys (alhoewel dit gebrekkig is) en daar is tienduisende tuisskolers in Suid-Afrika, met baie ondersteuningsgroepe, inligtingbronne, kurrikulum-verskaffers, poslyste en groepe op sosiale media.

Wat gebeur by die Werkswinkel?

Ons bespreek die basiese elemente van tuisonderwys.

Kom vra jou vrae! Genoeg tyd vir vrae word gegee.

Die werkswinkel is ook ‘n geleentheid om te netwerk en met ander tuisskoolouers te gesels. Mens leer altyd uit ander se ondervindings..

Kinders welkom, maar ouers is verantwoordelik vir hul kinders se gedrag en veiligheid. Koffie en tee sal verskaf word. Bring asseblief ‘n piekniekmandjie saam vir middagete.

Waar?


GK Bet-El, 31ste Laan 415, Villieria, Pretoria.

 

Besprekings

Bespreek asseblief voor die tyd om jou plek te verseker– net ‘n beperkte getal mense kan geakkommodeer word.

Besprekings sluit  15/11/2018.

LW: Slegs gesinne wat bespreek het, sal in kennis gestel word indien die program verander of gekanselleer moet word.

Om te bespreek: Voltooi die besprekingsvorm. Deel asseblief u vrae, sodat ons spesifiek daaraan aandag kan gee in die werkswinkel. Deponeer asseblief u fooi met u naam en die datum van die seminaar as verwysing. E-pos dan u besprekingsvorm saam met ‘n bewys van u betaling so spoedig moontlik saam met u naam, telefoonnommer(s), e-posadres, en aantal mense wat die werkswinkel gaan bywoon na karin@pestalozzi.org.

Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA, 4048112677, Takkode: 335545 (Hatfield), tjek­rekening.

Navrae: karin@pestalozzi.org.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d bloggers like this: