Tuisonderwys met Vertroue 2019.06.01 Pretoria

01Jun2019

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria. Parkering beskikbaar.

Tuisonderwys met Vertroue

From 8:30 for 9:00 until 13:00

At GK Bet-El

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria. Parkering beskikbaar.

R150 per gesin vir lede van die Pestalozzi Trust; R450 per gesin vir nie-lede van die Trust

Pestalozzi Trust / karin@pestalozzi.org

 

Wil jy begin tuisskool, maar jy voel of jy stoksielalleen van ‘n hoë krans afspring?

Tuisskool jy nou al jare lank, maar skielik voel jy of jou kinders niks weet nie?

Is jy bekommerd dat die BELABill tuisonderwys onwettig gaan maak?

 

Kom na die werkswinkel en skep moed!

Karin van Oostrum is die aanbieder. Sy is die Uitvoerende Bestuurder van die Pestalozzi Trust. Sy het ondervinding van die wetlike aspekte van tuisonderwys sedert 1992. In 1988 het sy haar oudste dogter begin tuisskool. Nie een van haar drie dogters het ooit skool bygewoon nie. Bekommerde ouers kontak haar daagliks met vrae oor die wetlike en praktiese aspekte van tuisonderwys. Jy is welkom!

Wat gebeur by die werkswinkel?

* Ons bespreek die basiese elemente van tuisonderwys: Wat sê die wet? Hoe lyk die praktyk?

* Vrae en bekommernisse word bespreek.

* Ons leer uit ander tuisskolers se ondervindings.

Kinders welkom, maar ouers is verantwoordelik vir hul eie kinders. Grootouers is welkom as deel van die gesin.

Koffie en tee sal beskikbaar wees.

Kommentaar van ouers wat vorige werkswinkels bygewoon het:

“Die werkswinkel het baie vir ons beteken en ons het dit werklik baie geniet. Ons het ook baie van die venue gehou. Dit was netjies en veilig en veral die parkering was ook vir ons ‘n pluspunt. Ons kon met ‘n geruste hart die werkswinkel geniet.”

 “Die inligtingsdag het aan ons vrae voldoen en beslis vir my meer rigting gegee. Ons het dit geweldig geniet. Ons was veral bekommerd oor die nuwe wet en wat daarmee gepaard gaan en die implikasie daarvan. Ons is gerus gestel om te weet dat julle daar is vir ons, want die wet is maar grieks vir ons.”

 “Die rustige manier van aanbied het ‘n baie sterk effek gehad - dit laat die boodskap van ‘los die kind’ selfs nog dieper insak.”

“Wat ‘n absolute bonus was, is die praktiese sy van tuisonderrig.” 

“Ek het bevestiging ontvang van waar ek op die regte roete is. Tog was ek altyd erg gespanne en onder baie druk en kon ek nie vind waar die skietpunt is nie, maar tydens jou praatjie het dit duidelik vir my uitgekom en ek voel ek kan ‘n goeie gebalanseerde benadering tot tuisonderrig nou gaan volg en elke dag meer die kopskuif maak na die rustige, vredevolle mens wat ek eintlik is. Ek kan my kinders ophou druk en begin grootmaak soos my hart sê en ek het nou die woorde en ondersteuning om dit te kan staaf aan die onderwyseresse in my familie en om my man op my bladsy te bring.”

Besprekings

Bespreek asseblief voor die tyd – beperkte aantal plekke beskikbaar. Besprekings sluit op 30/05/2019.

Let wel: Slegs diegene wat bespreek het sal in kennis gestel word van enige veranderinge of kansellasies.

Hoe om te bespreek:

Voltooi asseblief die beprekingsvorm. Deponeer dan jou bywoningsfooi. Gebruik jou naam en van as verwysing, asook die datum van die werkswinkel. Stuur die voltooide besprekingsvorm saam met die bewys van betaling aan karin@pestalozzi.org.

Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA, 4048112677, Tak: 335545 (Hatfield), tjekrekening.

Verdere byeenkomste: 18/5/2019 Pretoria (English); 25/5/2019 Pretoria (Cottage Schools and Centres); 22/6/2019 Polokwane; 8-10/8/2019 Kragdag Pretoria; 23/8/2019 Graaff-Reinet; 13/9/2019 Cape Town (Cottage Schools and Centres); 14/9/2019 Cape Town Expo; 17-19/10/2019 Africa Home Education Conference en Gauteng Expo; 8/11/2019 Durban (Cottage Schools and Centres); 9/11/2019 Durban Expo; 16/11/2019 Pretoria (English); 23/11/2019 Pretoria (Cottage Schools and Centres); 30/11/2019 Pretoria (Afrikaans).

Navrae: karin@pestalozzi.org of 012 330 1337/ 071 192 6070.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d bloggers like this: