Huis Byeenkomste Tuisonderwys Met Vertroue Pretoria 2019.11.15

Tuisonderwys Met Vertroue Pretoria 2019.11.15

4538
0

Tuisonderwys met Vertroue

From 13:30 vir 14:00 until 18:00

At GK Bet-El

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria

R150 per gesin vir lede van die Pestalozzi Trust; R450 per gesin vir nie-lede van die Trust

Pestalozzi Trust / karin@pestalozzi.org

Vir groentjies en veterane: inligting en inspirasie. Vereenvoudig jou tuisskool vir gemoedsrus. Kom hoor wat sê die wet en die welsyn. Kom vra jou vrae en leer by mekaar. Jy is welkom!

Karin van Oostrum van die Pestalozzi Trust is die aanbieder. Sy is sedert 1992 saam met haar oorlede man, Leendert, betrokke in tuisonderwys en het saam met hom die Vereniging vir Tuisonderwys in 1992 gestig en die Pestalozzi Trust in 1998. Nie een van haar drie dogters was ooit in die skool nie. 

Kinders welkom, maar ouers is verantwoordelik vir hul eie kinders. Grootouers is welkom as deel van die gesin.

Kommentaar van ouers wat vorige werkswinkels bygewoon het:

“Die inligtingsdag het aan ons vrae voldoen en beslis vir my meer rigting gegee. Ons het dit geweldig geniet. Ons was veral bekommerd oor die nuwe wet en wat daarmee gepaard gaan en die implikasie daarvan. Ons is gerus gestel om te weet dat julle daar is vir ons, want die wet is maar grieks vir ons.”

“Ek het bevestiging ontvang van waar ek op die regte roete is. Tog was ek altyd erg gespanne en onder baie druk en kon ek nie vind waar die skietpunt is nie, maar tydens jou praatjie het dit duidelik vir my uitgekom en ek voel ek kan ‘n goeie gebalanseerde benadering tot tuisonderrig nou gaan volg en elke dag meer die kopskuif maak na die rustige, vredevolle mens wat ek eintlik is. Ek kan my kinders ophou druk en begin grootmaak soos my hart sê en ek het nou die woorde en ondersteuning om dit te kan staaf aan die onderwyseresse in my familie en om my man op my bladsy te bring.”

Piekniek

Bring ‘n piekniekmandjie saam vir as pa en die kinders honger word. Koffie en tee sal verskaf word.

Besprekings

Bespreek asseblief voor die tyd – besprekings sluit op 13/11/2019.

Let wel: Slegs diegene wat bespreek het, sal in kennis gestel word van enige veranderinge of kansellasies.

Hoe om te bespreek:

Voltooi asseblief die besprekingsvorm. Deponeer dan jou bywoningsfooi. Gebruik jou naam en van as verwysing, asook die datum van die werkswinkel. Stuur die voltooide besprekingsvorm saam met die bewys van betaling aan karin@pestalozzi.org.

Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA, 4048112677, Tak: 335545 (Hatfield), tjekrekening.

Navrae: karin@pestalozzi.org of 012 330 1337/ 071 192 6070.

'N ANTWOORD LAAT

Please enter your comment!
Please enter your name here