Huis Sluit Aan

Sluit Aan

HOE SLUIT EK AAN?

Let wel: Sluit hier aan SLEGS as u u eie kinders by die huis leer. Indien u ‘n klein skool, leersentrum of mikroskool bedryf, moet u met ‘n ander aansoekvorm aansluit. Gaan asseblief na hierdie blad om as ‘n skool of sentrum aan te sluit. Dankie!

 Om aan te sluit as tuisskoler:

(1) Skep u gebruikersprofiel op die aanlyndatabasis:

KLIK HIER OM AAN TE SLUIT

(2) Voltooi die aansoekvorm:

  • ‘n Intekenbladsy sal oopmaak. Klik op “Sign up as an Afrikaans-speaking Member” en skep ‘n gebruikersprofiel. Keer terug na die vorige bladsy.
  • Teken in met die e-posadres en wagwoord wat u pas geskep het.
  • Volg die instruksies op die skerm om u aanlynaansoekvorm om lidmaatskap van die Pestalozzi Trust te voltooi. Dit neem ongeveer 20 minute. U sal hierdie vorm net een keer hoef in te vul solank u ‘n lid is van die Pestalozzi Trust.
  • Maak seker u klik die knoppie “Stuur my aansoekvorm in” aan die einde van die vorm. Dit stuur die aansoekvorm na die kantoor.

(3) Wag vir ‘n e-pos om aan te dui dat u aansoek goedgekeur of afgekeur is. Dit neem tot en met 15 werksdae om die aansoekvorm te verwerk. (As u baie haastig is om aan te sluit, of by die skool moet kennis gee, is u welkom om ons ‘n e-pos te stuur om te hoor of ons u aanlynaansoek ontvang het.)

  • Indien u aansoek afgekeur word, sal die kantoor persoonlik met kommunikeer.
  • Indien u aansoek goedgekeur word, sal u ‘n e-pos ontvang met ‘n skakel na die volgende inligting:
    • Die bedrag verskuldig vir u ledefooi;
    • Die verwysing wat u op die bankstaat moet gebruik; en
    • ‘n Plek waar u die bewys van betaling moet oplaai.

(4) Aktiveer u lidmaatskap.

  • Betaal u ledefooi en bêre die bewys van betaling of bewys van aftrekorder elektronies (sien onder vir betalingsopsies).
  • Versoek aktivering van u lidmaatskap deur u bewys van betaling op die aanlynstelsel op te laai. U lidmaatskap sal geaktiveer word sodra ons u betaling verwerk het (tussen 7 en 14 werksdae).
  • Nadat u lidmaatskap geaktiveer is, sal u toegang verkry tot die Ledesentrum. In die Ledesentrum kan u u inligting opdateer, u lidmaatskap hernu, en inligting verkry wat slegs vir lede van die Trust beskikbaar is.

Indien u enige probleme met die aanlynstelsel ondervind, is u welkom om aan admin@pestalozzi.org te skryf. Ons sal so gou moontlik na u toe terug kom.

Hoeveel is die ledefooi?

Die ledefooi is R1200 per gesin per jaar.

Kwalifiseer u vir ‘n afslag? As u aansluit (1) wanneer u oudste 7 word, (2) voor u u kinders uit die skool haal, of (3) binne 3 maande nadat u hulle uit die skool gehaal het, betaal u die afslagfooi van R1080 per gesin per jaar.

Hernu betyds: Lede wat betyds hernu, bly op die ledefooi waarop hulle aangesluit het, ten spyte van verhogings in die ledefooi in die toekoms.

Wanneer betaal ek die ledefooi?

U sal ‘n e-pos ontvang nadat u aansoek om lidmaatskap goedgekeur is. Die e-pos sal die die bedrag wat betaalbaar is bevat, asook die verwysing wat u op die bankstaat moet gebruik. Nadat u die e-pos ontvang het, kan u:

  1. die volledige fooi betaal en die betaalbewys op die stelsel oplaai, OF
  2. ‘n aftrekorder by u bank uitneem vir ‘n twaalfde van die jaarlikse fooi, en die bewys van aftrekorder op die stelsel oplaai. Byvoorbeeld: As u ledefooi R1200 per gesin per jaar is, sal u aftrekorder R100 per maand wees, en as u ledefooi R1080 per gesin per jaar is, sal u aftrekorder R90 per maand wees.

Hoe betaal ek die ledefooi?

U mag eenmalig betaal of per aftrekorder.

Indien u van ‘n aftrekorder gebruik maak, kan u ‘n oneindige aftrekorder uitneem, wat eenvoudig aanloop en wat u kan kanselleer wanneer u kinders klaar is met skool.

Gebruik asseblief die verwysingsnommer wat per e-pos aan u gestuur sal word nadat u aansoek aanvaar is. Vra u bank om seker te maak dat die verwysing op ONS bankstaat verskyn, sodat ons u betaling aan u rekening kan koppel (dit wil sê vul u verwysingsnommer by die ontvanger se verwysing in).

Is die data wat ek op die aanlynaansoekvorm insleutel veilig?

Ja!

  • Enige inligting wat u op die aansoekvorm aanteken, sal slegs sigbaar wees vir  uself en vir die werknemers van die Pestalozzi Trust wat die nodig klaring besit.
  • U data is geënkripteer beide terwyl dit tussen u webblaaier en die bediener beweeg, en terwyl dit in die bediener gestoor lê. SHA-256 en AES-256 enkripsie word gebruik – die sterkste enkripsie wat ons tot ons beskikking het. Dit is dieselfde vlak van enkripsie wat banke gebruik.
  • U data word op bedieners oorsee geberg. Dit maak dit moeilik vir enige derdepartye in Suid-Afrika om sonder u toestemming toegang daartoe te verkry.

Lidmaatskap van die Trust strek oor 12 maande. Strek die jaar vir 12 maande vanaf aansluiting of vanaf Januarie tot Desember?

Die ledetydperk strek oor 12 maande, vanaf die aansluitingsdatum (byvoorbeeld van 1 Januarie 2022) tot 12 maande daarna (byvoorbeeld tot 1 Januarie 2023).