Huis Tuis Tuisonderwys Hulpbronne vir Tuisonderwys

Hulpbronne vir Tuisonderwys

Doen navorsing voor jy inspring – dit is noodsaaklik. Daar is deesdae ‘n oorvloed van inligting oor tuisonderwys beskikbaar. Alhoewel dit tydrowend is, is dit absoluut noodsaaklik om wyd te lees en te gesels. Die tyd wat jy daaraan bestee, sal goeie vrugte afwerp in die toekoms. Jy hoef nie al die moontlik navorsing gedoen het teen die tyd wat julle begin nie – daar verskyn voortdurend nuwe benaderings en besighede op die toneel.

Lees. Begin jou eie ‘n tuisskoolbiblioteek, wat jy nog jare lank as naslaanboeke sal kan gebruik. Vir ‘n lys boeke wat tuisskolers aanbeveel dat ‘n mens moet lees kyk hier. Lees veral boeke deur die volgende skrywers, om jou te help om die kopskuif te maak van “skool by die huis” na “tuisonderwys”:

Vra dié wat weet. Daar word jaarliks tuisskool-expo’s in verskillende dele van die land gehou. Inligting daaroor verskyn onder die afdeling Byeenkomste op ons webblad. Woon ‘n werkswinkel van die Pestalozzi Trust by (kyk onder Byeenkomste op die webblad). Martie du Plessis van Dynamis bied seminare en konsultasies vir tuisskolers aan. Die webblad www.sahomeschoolers.org bied ‘n groot verskeidenheid algemene inligting en kommentaar oor tuisonderwys, asook verwysings na ander bronne en kurrikulums. Shirley Erwee en Wendy Young verskaf menige wenke vir tuisonderwys van voorskools tot matriek op hul webblad www.south-african-homeschool-curriculum.com. Cathy Koetsier is een van die tuisonderwyspioniers in Suid-Afrika en woon nou in Engeland. Op haar webblad Christian Unschooling verduidelik sy die beginsels en praktyk van die “selfleer”–benadering, of “unschooling”. Leer Afrikaans maklik saam met Marisa Haasbroek en Karin van Oostrum – teken in op oolfant.com. Vir ‘n uitstekende, genotvolle Afrikaans-program vir kinders van 10 tot 16 kan jy kyk na ToetenTaal Afrikaans.

Gesels met ander mense. Sluit aan by Facebookgroepe soos SA Home Schooling Group of Educating@HomeSA, waar jy ‘n ma soos jy kan ontmoet. Sluit by die tuisonderwys-poslys aan deur ‘n leë e-pos te stuur aan: tuisonderwys+subscribe@groups.io. Ongeveer 1800 tuisskolers bespreek deurlopend allerlei aspekte van tuisonderwys. Begin ‘n gesprek, stel vrae, antwoord vrae, of volg net eenvoudig die gesprekke.

Wat moet ek kies, wanneer ek gereed is om te kies?

Matriek. Vir ‘n volledige uiteensetting oor matriekopsies, kyk na die artikel oor matriekopsies op die SAHomeschoolers-webblad vir verdere inligting. Tans doen tuisskolers in Suid-Afrika hoofsaaklik vier soorte “matriek” of skooleindsertifikate, naamlik die Nasionale Senior Sertifikaat (matriek), bv. deur Brainline, NukleusOnderwysMoriaTuisskool of ImpaqCambridge; die GED ( (Online GED of Pass GED); of die Amerikaanse Hoërskooldiploma (sluit aan by die facebookgroep Homeschooling in SA toward an American High School Diploma). 

Kontak ons gerus as jy vasbrand! Ons help graag.