Huis 35 Redes vir Tuisskool

35 Redes vir Tuisskool

35 redes vir tuisskool

Akademiese Redes

  1. Kinders leer teen hulle eie tempo.
  2. Hulle kan ‘n wye verskeidenheid onderwerpe bestudeer en dieper ingrawe in onderwerpe wat hulle interesseer.
  3. Kinders kan  hulle eie kurrikulum  skep.
  4. Jonger kinders leer deur te kyk wat ouer kinders doen.
  5. Ouers kan alledaagse gebeurlikhede gebruik om te onderrig, soos hoe om vir ‘n vakansie te begroot, ens. Leer kan enige tyd en enige plek plaasvind.
  6. Kinders kan gedagtes en idees bespreek, ondersoek en uitdaag sonder  vrees vir bespotting.
  7. Kinders ontwikkel in onafhanklike denkers.
  8. Wanneer hulle werk vir die dag afgehandel is, is hulle klaar … geen ekstra werk wat hulle besig  hou of ekstra huiswerk nie.
  9. Kinders leer lewensvaardighede – om te kook, om te gee vir ander, ens. – alles wat nodig is om ‘n huis te bestuur.
  10. Kreatiwiteit word gekoester en aangemoedig.
  11. Die leerder-onderwyser-verhouding is baie laag.
  12. Daar is geen druk om ADHD-kinders te behandel met medikasie nie.
  13. Kinders met spesiale behoeftes kry individuele aandag.
  14. Kinders word nie vergelyk met ander kinders van hulle ouderdom nie.
  15. Kinders se behoeftes kan aangespreek word – wat dit ook al is.
  16. Werk is regte werk, en word gedoen om bemeester te word – nie vir  ‘n graad nie.
  17. Ouers kan hul kinders lewenslange leerders laat word.

 

Sosiale en Emosionele Redes

  1. Daar is minder druk van die portuurgroep om te hanteer.
  2. Daar is minder geleenthede waar kinders geboelie kan word.
  3. Kinders het meer tyd om te speel en die omgewing saam met ander kinders van hulle ouderdom te ontdek.
  4. Kinders verkry blootstelling aan kinders en volwassenes van alle ouderdomme, en bou dus beter verhoudings. Hulle het die geleentheid om met diverse groepe te sosialiseer.
  5. Kinders kan langer beskerm word teen slegte invloede (soos dwelms) tot hulle ouer is en sulke dinge beter kan hanteer.
  6. Gesinne leer mekaar regtig ken – in plaas daarvan om die grootste deel van die dag weg van mekaar te wees, kry broers, susters en ouers tyd om met mekaar te bestee, en bou en versterk so die belangrikste verhoudings.
  7. Ouers kan die primêre invloed op hul kinders wees; veral pa’s in die lewens van hulle seuns.
  8. Ouers kan voortdurend hul kinders se werksetiek en gedrag beïnvloed. Karakteropleiding kan deurentyd plaasvind.
  9. Kinders kan by die huis ontspan en hulleself wees – hulle het dan nie nodig om aan die groep te voldoen nie.
  10. Gesinswaardes en -oortuigings kan in lesse ingebou word.
  11. Kinders  leer in ‘n veilige en ondersteunende studieomgewing.

 

Algemene Redes

  1. Dit is ‘n bekostigbare, kwaliteit- opvoedkundige opsie vir baie.
  2. Kinders presteer dieselfde en gemiddeld beter op gestandaardiseerde toetse as kinders in staatskole.
  3. Ouers leer saam met hul kinders.
  4. Gesinne is in beheer van hul eie skedule.
  5. Alle aspekte van die kind se persoonlikheid kan ontwikkel word.
  6. Dit is ‘n natuurlike en prettige manier om te leer.
  7. Kinders het die vryheid om kind te wees en ouers kan dit geniet om ouers te wees.

Tuisonderwys is 'n wettige opvoedkundige opsie in Suid-Afrika. Dit is ook die vinnigs groeiende vorm van onderwys ter wêreld. Daar is tans ongeveer 100,000 tuisleerders in Suid-Afrika en 2,5 miljoen in die VSA. Vir meer inligting oor tuisonderwys in Suid-Afrika, besoek die volgende webwerwe:

Hoe om te begin, hoe om by die tuisskoolgemeenskap in te skakel  en ingelig te bly oor die Suid-Afrikaanse tuisonderwysomgewing: 

Oor die regsaspekte van tuisonderwys in Suid-Afrika:

Tuisonderwyskonsultant vir individuele advies oor tuisonderwys vir jou gesin: