Huis Tuis Mikroskole, sentrums en “cottage schools” Voor jy verder gaan… Vul eers gou hierdie SurveyMonkey in!

Voor jy verder gaan… Vul eers gou hierdie SurveyMonkey in!

Sentrums en “cottage schools” het nie hul eie plek in die wet nie. Help ons om jou te help om jou sentrum of skooltjie wettiglik te bedryf.

Om vir die DBO te kan wys hoe sentrums en klein skooltjies werklik funksioneer en hulle te herinner dat die wetgewing daarvoor onrealisties is, het ons data nodig van mense op die grond, wat self so ‘n instelling besit en bedryf.

Jy kan help deur hierdie anonieme SurveyMonkey in te vul. Jou bydrae is belangrik! Dankie!

Hoe sluit ek aan met my skool/sentrum:

E-pos die volgende dokumente aan admin@pestalozzi.org:

(1) Bladsye 1 en 2 van die Aansoekvorm. Laai dit HIER af. Gebruik ‘n aparte bladsy as u meer plek nodig het om die besonderhede van die onderwysers/fasiliteerders te gee.

(2) Die Lys van Leerders  in Excel formaat. [HOU die lys asseblief in EXCELOns kan dit nie in pdf gebruik nie.] Laai dit HIER af.

(3) ‘n Uitgebreide beskrywing van u kurrikulum en benadering, en van hoe u voldoen aan die behoeftes van individuele leerders in u instelling. Doen moeite met hierdie dokument; dit is van die uiterste belang vir u lidmaatskap van die Trust.

(4) Besonderhede van u registrasie by die POD of nie: enige korrespondensie, briewe of dokumente?

(5) ‘n Voltooide en getekende POPI toestemmingsvorm van die ouer/voog van ELKE LEERDER by u instelling. Die Trust het hierdie vorms nodig om u aansoek te kan oorweeg. Laai dit HIER af. Stuur asseblief vir ons ‘n skakel na u Google Drive, waar u hierdie vorms geberg word.

(6) Die kontrak tussen u instelling en u kliënte (die ouers).

(7) Die registrasievorm vir onafhanklike skole wat u afgelaai het van die webblad van u Provinsiale Onderwysdepartement, en inligting van hoe ver u gevorder het met die voltooiing daarvan. (Tans is registrasie as ‘n onafhanklike skool ongelukkig die enigste wyse waarop ‘n onderwysinstelling soos u s’n wettig kan opereer.)

MOET ASSEBLIEF NIE U FOTO’S VIR ONS E-POS NIE. Bêre u foto’s in ‘n Google Drive, en e-pos vir ons die skakel na die foto’s wanneer u die aansoekvorm instuur. Ons het foto’s nodig van die binnekant en buitekant van u instelling, asook van die toiletgeriewe. Dankie!

WAG ASSEBLIEF VOOR U BETAAL. Ons moet u eers faktureer. Wanneer u die faktuur ontvang het, kan u die bewys van betaling, u aftrekorder of die Onderneming om te Betaal (verkrygbaar van die Pestalozzi Trust) in Excel-formaat instuur.

Belangrik: Gebruik asseblief u LEDENOMMER as ‘n verwysing op ons bankstaat wanneer u betaal, sodat ons u betaling teen u rekening kan allokeer. Dankie!