Doen navorsing voor jy inspring – dit is noodsaaklik. Daar is deesdae ‘n oorvloed van inligting oor tuisonderwys beskikbaar. Alhoewel dit tydrowend is, is dit absoluut noodsaaklik om wyd te lees en te gesels. Die tyd wat jy daaraan bestee, sal goeie vrugte afwerp in die toekoms. Jy hoef nie al die moontlik navorsing gedoen het teen die tyd wat julle begin nie – daar verskyn voortdurend nuwe benaderings en besighede op die toneel.
Lees. Begin jou eie ‘n tuisskoolbiblioteek, wat jy nog jare lank as naslaanboeke sal kan gebruik. Vir ‘n lys boeke wat tuisskolers aanbeveel dat ‘n mens moet lees kyk hier. Lees veral boeke deur die volgende skrywers, om jou te help om die kopskuif te maak van “skool by die huis” na “tuisonderwys”:
Vra dié wat weet. Daar word jaarliks tuisskool-expo’s in verskillende dele van die land gehou. Inligting daaroor verskyn onder die afdeling Byeenkomste op ons webblad. Woon ‘n werkswinkel van die Pestalozzi Trust by (kyk onder Byeenkomste op die webblad). Martie du Plessis van Dynamis bied seminare en konsultasies vir tuisskolers aan. Die webblad www.sahomeschoolers.org bied ‘n groot verskeidenheid algemene inligting en kommentaar oor tuisonderwys, asook verwysings na ander bronne en kurrikulums. Shirley Erwee en Wendy Young verskaf menige wenke vir tuisonderwys van voorskools tot matriek op hul webblad www.south-african-homeschool-curriculum.com. Cathy Koetsier is een van die tuisonderwyspioniers in Suid-Afrika en woon nou in Engeland. Op haar webblad Christian Unschooling verduidelik sy die beginsels en praktyk van die “selfleer”–benadering, of “unschooling”. Leer Afrikaans maklik saam met Marisa Haasbroek en Karin van Oostrum – teken in op oolfant.com. Vir ‘n uitstekende, genotvolle Afrikaans-program vir kinders van 10 tot 16 kan jy kyk na ToetenTaal Afrikaans.
Gesels met ander mense. Sluit aan by Facebookgroepe soos SA Home Schooling Group of Educating@HomeSA, waar jy ‘n ma soos jy kan ontmoet.
Wat moet ek kies, wanneer ek gereed is om te kies?
- Kies jou boeke en bronne self. ‘n Mens kan self jou eie handboeke en hulpmiddels uitsoek. Dit word dikwels ‘n “eklektiese” benadering genoem. Kontak Lindy Malan by 072 268 2237 vir alle soorte handboeke en materiaal vir alle grade, of jy kan vir Neeresh Badal kontak by 082 560 8277. Hy kan feitlik enige boek of kursus vir jou in die hande kry. Oikos Family Ministries verskaf ook ‘n wye verskeidenheid leermateriale en hulpmiddels vir ouers, veral om ‘n eenheidstudie-benadering te volg. Willemien Kruger bied ook advies aan oor verskillende kurrikula. Daar is ook ‘n Classical Conversations-gemeenskap in Suid-Afrika, as jy ‘n klassieke, Christelike benadering wil volg.
- Verpakte kurrikulums. Indien jy ‘n verpakte kurrikulum wil gebruik, oorweeg byvoorbeeld Nukleus Onderwys, Afstandsleer Plus, Moria Tuisskool, Impaq, Love2Learn of Theocentric Christian Education.
- Aanlyn kurrikulums. Indien jy ‘n aanlyn kurrikulum wil gebruik, oorweeg byvoorbeeld Mos Wêreldwyd, Think Digital, Educ8SA, Teneo, Syllabis of CambriLearn.
Matriek. Vir ‘n volledige uiteensetting oor matriekopsies, kyk na die artikel oor matriekopsies op die SAHomeschoolers-webblad vir verdere inligting. Tans doen tuisskolers in Suid-Afrika hoofsaaklik vier soorte “matriek” of skooleindsertifikate, naamlik die Nasionale Senior Sertifikaat (matriek), bv. deur Brainline, NukleusOnderwys, MoriaTuisskool of Impaq; Cambridge; die GED ( (Online GED of Pass GED); of die Amerikaanse Hoërskooldiploma (sluit aan by die facebookgroep Homeschooling in SA toward an American High School Diploma).