BELA Bill Riglyne vir Voorleggings

    4949
    3

    Op 13 Oktober 2017 het die Departement van Basiese Onderwys, oftewel die DBO, die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook genoem die BELA Bill (die Basic Education Laws Amendment Bill) vir publieke kommentaar vrygestel. Die wetsontwerp stel wysigings voor wat  die vryheid van tuisskoolouers ernstig aan bande sal lê om die onderwys te kies wat in die beste belang van hul kinders is.

    Die publiek het net tot 10 November geleentheid om kommentaar te lewer op die konsepwetgewing. Die Pestalozzi Trust het op 18 Oktober skriftelik by die departement om uitstel gevra. Soos elders berig, het die Minister uitstel geweier, maar tog versoek dat alle kommentaar asseblief ingestuur moet word, al is dit na die sperdatum.

    Die volgende stap nou is dat elke tuisskoolouer en -vereniging hul besware voorlê. Die Pestalozzi Trust het die konsepwetgewing ontleed, en het die volgende hulpbronne beskikbaar gestel om ouers te help om hulle voorleggings te doen:

    1. BELA FACT SHEET FEITEBLAD
    2. Step-by-Step Guide to Make A BELA Bill Submission
    3. Stap-vir-stap-gids Hoe om ‘n voorlegging oor die BELA Bill te skryf
    4. Submission Letter Individuals Template
    5. Summary Sheet

    Om op hoogte te bly, vra ons dat u die Facebookblad van die Pestalozzi Trust besoek, en by die Facebook groep “BELABill” aansluit.

    Die veldtog teen die BELA Bill het ten doel om die reg van ouers te beskerm om hul kinders volgens hul eie oortuigings te onderrig. As Christene vertrou ons dat die Here ons sal help. Ewenwel het hierdie veldtog nie net die beskerming van ons vryheid ten doel nie. Dit leer ook jou kinders hoe om hul burgerlike plig binne ‘n demokratiese samelewing uit te leef. Dit word dan nie net ‘n stryd vir tuisonderwys nie, maar is in wese tuisonderwys self.

    Watter metode is die regte een vir jou voorlegging

    As jy geen bystand met jou voorlegging nodig het nie, gaan asseblief voort en dien dit so gou moontlik in. BCC dit asseblief na homeschoolfreedom1996@gmail.com.

    As jy hulp nodig het, het ons ‘n proses ontwikkel om jou te help. Die besonderhede van die proses word in die Stap-vir-stap-gids uiteengesit.

    Ons is bewus daarvan dat baie mense gesteld is daarop om anoniem ‘n voorlegging te doen. Stuur asseblief jou voorlegging na admin@pestalozzi.org. Skryf BELA Bill: ANONIEM in die onderwerplyn. Ons prokureurs sal jou voorleggings anoniem maak, en sal die anonieme voorleggings indien.

    Vir diegene wat nie ‘n voorlegging wil skryf nie, maar tog hul stemme wil laat hoor, het ons ‘n meningsopname op Survey Monkey opgestel. In hierdie opname sal jy anoniem kan bly. Die Trust sal die inhoud opsom en die opname aan die DBO vrystel.

    Gebruik asseblief een van hierdie metodes om ‘n voorlegging te doen.

    Om saam te vat:

    1)   Jy het nie hulp nodig nie: dien asseblief jou voorlegging so gou moontlik in.

    2)   Jy het hulp nodig, en jy wil ‘n voorlegging onder jou eie naam indien. Skryf asseblief jou voorlegging m.b.v. die riglyne wat ons gee, en stuur dit so gou moontlik in.

    3) Jy wil jou besonderhede anoniem hou. Skryf en dien jou voorlegging in, volgens ons riglyne vir ‘n ANONIEME voorlegging (in die Stap-vir-stap-gids).

    4) Jy verkies om ‘n meningsopname in te voltooi. Voltooi die meningsopname op Survey Monkey (besonderhede in die Stap-vir-stap-gids).

    Bly asseblief op hoogte deur by die Tuisonderwys Yahoo-groep, die BELABill en Pestalozzi Trust Facebook groepe aan te sluit.

    Die Trust probeer al die lede ten volle ingelig hou, en ons probeer om al die bonsende en geswartlysde adresse te behartig, maar indien dit enigsins moontlik is, probeer asseblief ook by een van die ander kommunikasiekanale aansluit om op datum te bly met die verwikkelinge.

    Cottage Schools en Sentrums

    Die BELA Bill spreek nie die kwessie van cottage schools direk aan nie, maar dit neem nie krisis weg waarin cottage schools en leersentrums hulle bevind nie.

    Terwyl cottage schools en leersentrums as ongeregistreerde onafhanklike skole beskou word, het hulle geen beskerming onder die wet nie. Boonop beskerm die wet ook nie die leerders en die ouers van hierdie leerders nie.

    Dit is ‘n rede tot kommer dat, alhoewel die DBO beslis bewus is dat daar so-iets soos cottage schools bestaan, geen poging aangewend is om met die cottage schools en sentrums te konsulteer voordat die BELA Bill gepubliseer is nie. Dit is ‘n ernstige flater in die konsultasieproses, wat regverdig en deursigtig behoort te wees.

    Die Pestalozzi Trust ondersteun die cottage schools en sentrums in hulle protes teen hierdie nalatigheid in die konsultasieproses, en teen die gebrek aan voorsiening vir cottage schools en sentrums in die wet. Om jou kennis van wat die wet oor cottage schools en sentrums sê te verfris, woon gerus ons seminaar vir klein skole by op 11 November in Pretoria. Bespreek asseblief vooraf. Inligting: karin@pestalozzi.org.

    Hulpbronne vir Cottage Schools en Sentrums om ‘n Voorlegging te maak

    1. Step-by-step Guide vir Cottage Schools om jou te help om kommentaar te lewer op die BELA Bill
    2. Templaat vir Cottage Schools om te gebruik vir kommentaar
    3. Templaat vir die ouers van Cottage School-leerders om te gebruik vir kommentaar.

    BCC jou kommentaar asseblief na homeschoolfreedom1996@gmail.com sodat ons kan rekord hou van die voorleggings.

    Baie dankie vir jou ondersteuning en gewilligheid om die onderwysklimaat in Suid-Afrika te help verander! Indien jy nog nie lid is nie, doen aansoek om lidmaatskap van die Trust vir jou skool of sentrum.

    3 KOMMENTAAR

      • Hallo Lisa

        Die ledefooie vir die Pestalozzi Trust is R1200 per gesin per jaar, indien jou kind langer as 3 maande uit die skool is, en R1080 per gesin per jaar, indien jou kind minder as 3 maande uit die skool is, wanneer julle aansluit.

        Vriendelike groete
        Karin van Oostrum

    'N ANTWOORD LAAT

    Please enter your comment!
    Please enter your name here