Huis Nuus Vraelys oor Registrasie vir Tuisonderwys: Waarom skep registrasie so baie probleme vir...

Vraelys oor Registrasie vir Tuisonderwys: Waarom skep registrasie so baie probleme vir tuisskolers?

2742
0

Tussen 70% en 95% van alle tuisskolers in Suid-Afrika is na raming nie by ‘n provinsiale onderwysdepartement geregistreer nie. Maar ons het nou konkrete data nodig om aan die onderwysdepartemente en die parlement te toon wat die werklike situasie ten opsigte van registrasie vir tuisonderwys is, en hoekom dit so is. Met die BELA Bill wat op die horison loer, het ons dringend harde feite nodig. Sowel ongeregistreerde as geregistreerde tuisskolers kan help deur aan hierdie navorsingsvraelys deel te neem.

Selfs wanneer tuisskolers registreer, ondervind hulle dikwels baie probleme met registrasie. Party wag jare vir ‘n antwoord.  Party maak beswaar teen onredelike registrasievoorwaardes. Die Provinsiale Onderwysdepartemente (POD’s) is volgens wet verplig om leerders te registreer vir tuisonderwys. Indien hulle dit nie doen nie, maak hulle inbreuk op ons lede se regte. Die Trust is dus besig om met die POD’s te skakel om hierdie probleme te probeer oplos. Registrasie vir tuisonderwys behoort ‘n maklike, pynlose en voorspelbare proses te wees. Ons het egter konkrete data nodig om die probleme aan die owerhede te verduidelik.

Dit bring ons by die vraag: Waarom skep registrasie so baie probleme vir tuisskolers? Dit is die vraag wat ons probeer oplos in hierdie REGISTRASIE-VRAELYS. Hierdie probleme bestaan al meer as 20 jaar lank en sal waarskynlik nog meer word wanneer die BELA Bill in die toekoms as wet aanvaar word. Dit is tyd om hierdie probleme aan te spreek, maar ons het data nodig om dit te kan doen. Dit is waar julle kan help.

Ons het regte, egte tuisskolers se opinies en ondervindinge nodig, en hulle moet die Vraelys antwoord – ja, tuisskolers soos jy! Dit sal ons geweldig help as jy 5 minute opsy kan sit om die anonieme vraelys te voltooi. Niemand sal jou kontakbesonderhede uit hierdie data kan verkry nie. Die skakel is die volgende: https://pestalozzi.org/en/home-education-registration-survey/

Wat jou probleme met registrasie ook al is, voltooi asseblief die vraelys sodat jou stem gehoor kan word. Voltooi asseblief die vraelys as:

  1. Jy beswaar maak teen registrasie.
  2. Jy probeer registreer het by jou POD, maar onsuksesvol was.
  3. Jy tans probeer registreer by jou POD, maar probleme ondervind daarmee.
  4. Jy suksesvol by jou POD geregistreer het, maar probleme ondervind het tydens die proses.
  5. Jy suksesvol geregistreer het by jou POD, en geen probleme ondervind het nie.

Stuur asseblief die skakel van die vraelys (https://pestalozzi.org/en/home-education-registration-survey/) aan alle tuisskolers wat jy ken en versprei dit so wyd as moontlik, aan jou vriende en familie, en op jou Whatsapp-, Telegram- en Facebook-groepe. Ons het insette van soveel tuisskolers moontlik nodig om ‘n realistiese prentjie te kan weergee van die status van tuisonderwys-registrasie in Suid-Afrika.

Kom jy nie geregistreer nie? Stuur asseblief volle besonderhede oor jou probleem aan defensor@pestalozzi.org, sodat ons dit aan die toepaslike POD kan deurgee. ‘n Paar POD’s het aangebied om spesiale aandag aan hierdie tuisskolers se probleme te gee as ons hulle ‘n lys daarvan stuur.

NS: Indien jy miskien ‘n sentrum of “cottage school” behartig, vul asseblief hierdie vraelys in, of as jy weet van enigeen, stuur asseblief hierdie skakel ook aan hulle: https://www.surveymonkey.com/r/3W3L3XG.

As jou kind ‘n sentrum of “cottage school” bywoon, gee asseblief hierdie mikroskool-vraelys aan die eienaar: https://www.surveymonkey.com/r/3W3L3XG.

Dit is soortgelyk aan die registrasie-vraelys, maar spesifiek vir “cottage schools” en sentrums bedoel, om data in te samel sodat die wetlike voorsiening vir hierdie mikroskole kan verbeter. Help asseblief ook  met hierdie vraelys! Dankie!

'N ANTWOORD LAAT

Please enter your comment!
Please enter your name here