Huis Nuus Konferensie oor die Toekoms van Tuisonderwys

Konferensie oor die Toekoms van Tuisonderwys

1976
0

Baie tuisskoolouers verwyder hul kinders uit ‘n staatskool of privaatskool omdat hulle graag wil hê hul kinders moet lewenslange leerders word. Lewenslange leer is egter nie net ‘n ideaal vir ons kinders nie. Ons moet self ook lewenslange leerders word. Tuisonderwys is mos eintlik ‘n familiebesigheid!

Hoe word mens ‘n lewenslange leerder? Jy doen dit deur wyd te lees, oor moeilike kwessies te debatteer, en te leer uit die opinies van navorsers en kundige voorstanders van tuisonderwys – van mense wat reeds hierdie pad gestap het, en van mense wat baie ure daaraan bestee het om navorsing te doen oor tuisonderwys. Enige verandering in beleid en wetgewing moet altyd deur navorsing ondersteun word, en ons het meer navorsing dringend in Suid-Afrika nodig. Indien jy belangstel in, of betrokke is by, navorsing oor tuisonderwys in Suid-Afrika, kontak ons asseblief.

‘n Algemene denkfout van mense oor tuisonderwys is dat dit ‘n statiese fenomeen is, dat dit altyd dieselfde bly en nooit verander nie. Enigeen wat vir ‘n rukkie getuisskool het, kan getuig daarvan dat dit nie waar is nie. Tuisonderwys is iets wat juis voortdurend verander. Alle tuisskoolouers, of hulle nou nuwelinge of veterane is, moet dus hulle kennis oor tuisonderwys deurentyd opdateer, vir hulle eie onthalwe, om hulle voete te vind in die voortdurend veranderende wêreld, maar ook om ’n goeie ambassadeur vir tuisonderwys te kan wees, waar hulle ook al gaan.

Die konferensie oor die “Post-Pandemic Future of Homeschooling” is ‘n wonderlike geleentheid vir lewenslange leer en ook sommer om jou kennis oor tuisonderwys op te dateer. Dit word vanaf volgende week vir ses agtereenvolgende weke op Donderdae aangebied, vanaf 6 Mei tot 17 Junie 2021, om 18:00-19:00, SA-tyd. Bespreek jou plek aanlyn (bywoning is gratis) en neem deel! Die konferensie bestaan uit ‘n reeks debatte/besprekings oor die “Post-Pandemic Future of Homeschooling”. Die doel van die konferensie, volgens hul webblad, is om ‘n beter begrip van kritieke kwessies in tuisonderwys te verkry. Om dit te bereik, sal empiriese navorsing oor tuisonderwys oorweeg word, en sal kenners hul ontledings en ouers hulle eerstehandse ondervinding in tuisonderwys deel.

Hierdie brandende onderwerpe is internasionaal van belang, maar is ook in Suid-Afrika vuurwarm kwessies, veral noudat die BELA Bill sy weg stadigaan na die parlement baan. Die meeste sprekers word hoog aangeslaan as navorsers oor tuisonderwys, en het reeds sulke navorsing gepubliseer en by konferensies aangebied. Bekendes in die lys sprekers hieronder is byvoorbeeld: Brian Ray, Angela Dills, David Sikkink, Daniel Hamlin, Ari Neuman, Oz Guterman, Philippe Bongrand, Christine Brabant, en Albert Cheng.

Die eerste sessie beloof om baie interessant te wees, as prof Elizabeth Bartholet van die Harvard Law School in en Michael Donnelly, senior advokaat by die HSLDA, in dieselfde paneel aan die woord kom. As jy om een of ander rede nog nie kennis geneem het van prof Bartholet se siening oor tuisonderwys nie, is dit tyd om dit nou te doen! In 2020 het skokgolwe deur die tuisonderwyswêreld gegaan nadat sy ‘n artikel in the Arizona Law Review gepubliseer het waarin sy ‘n “presumptive ban” op tuisonderwys aanbeveel het, “with the burden on parents to demonstrate justification for permission to homeschool”. Die Harvard Magazine het Bartholet se opvattings in ‘n artikel, The Risks of Homeschooling, uiteengesit. Bartholet word as volg aangehaal: “The issue is, do we think that parents should have 24/7, essentially authoritarian control over their children from ages zero to 18? I think that’s dangerous. I think it’s always dangerous to put powerful people in charge of the powerless, and to give the powerful ones total authority.” ‘n Hele sessie is tydens die GHEC 2020 gewy aan ‘n repliek op prof Bartholet se artikel, met uitstekende kommentaar en kritiek deur van die voorste kenners en navorsers. Dit volg nadat die HSLDA ‘n reeks artikels gepubliseer het waarin verskillende aspekte van Bartholet se artikel ontleed is.

Sien jou by die konferensie, en moet veral nie die eerste sessie mis nie!

Die agenda is soos volg:

Agenda

Moderators
Paul E. Peterson, Director, Program on Education Policy and Governance, Harvard University
Daniel Hamlin, Professor, University of Oklahoma

MAY 6: Is it time for a change to homeschool law?

Does the law on homeschooling need to be revised? What are appropriate restrictions on homeschooling?  What rights should homeschoolers have?

Panelists
Elizabeth Bartholet, Professor, Harvard Law School
Michael Donnelly, Senior Counsel, Homeschool Legal Defense Association
Eric Wearne, Professor, Kennesaw State University
James Dwyer, Professor, College of William and Mary

MAY 13: Growth and diversity in post-pandemic homeschooling

What is homeschooling? Who homeschools their children? Has Covid-19 altered the homeschooling landscape?

Panelists
Sarah Grady, Statistician, US Department of Education
Brian Ray, President, National Home Education Research Institute

Commentator
Cheryl Fields Smith, Professor, University of Georgia

MAY 20: Are homeschoolers prepared for life?

How is the academic preparation of homeschoolers? What trends do they see in life outcomes?

Panelists
Christian Wilkens, Professor, State University of New York, Brockport
Jennifer Jolly, Professor, University of Alabama

Commentator
Robert Kunzman, Professor, Indiana University

MAY 27: Are homeschoolers socially isolated?

How involved are homeschoolers in their local communities?   

Panelists
Daniel Hamlin, Professor, University of Oklahoma
David Sikkink, Professor, University of Notre Dame

Commentator
Michael McShane, Director of National Research, EdChoice

JUNE 3: Is child abuse greater at school or homeschool?

What do we know about the incidence of child and sexual abuse that occurs in schools and in homeschool households?

Panelists
Charol Shakeshaft, Professor, Virginia Commonwealth University
Angela Dills, Professor, Western Carolina University

Commentator
Martin West, Professor, Harvard Graduate School of Education

JUNE 10: Is homeschooling an international movement?

What trends in homeschooling are occurring internationally?

Panelists
Ari Neuman & Oz Guterman, Professors, Western Galilee College
Philippe Bongrand, Professor, CY Cergy Paris University
Christine Brabant, Professor, University of Montreal

Commentator
Albert Cheng, Professor, University of Arkansas

JUNE 17: Parents’ experiences with homeschooling

What is it like to homeschool?  What are the reasons?  Has Covid-19 changed the homeschooling experience?  

Lead Panelist
Michael Horn, Co-Founder, Clayton Christensen Institute and Homeschooling ParentParent Panelists
TBA

'N ANTWOORD LAAT

Please enter your comment!
Please enter your name here