
Nuusbulletin: Onderwysvryheid
Uitgawe 3 – 12 September 2025
‘n Gereelde opdatering deur die Pestalozzi Trust oor ontwikkelinge op die gebied van die reg, beleid en aktivisme, soos dit tuisonderwys in Suid-Afrika raak.
Vroeg in Augustus, gedurende die SAELA-konferensie van 3 tot 6 Augustus 2025 (SAELA is die South African Education Law Association) kon die Pestalozzi Trust die Minister van Basiese Onderwys vinnig ontmoet. Langer gesprekke was moontlik met die Minister se personeel oor die rigting waarin onderwyshervorming beweeg. Ons bespreking het gedraai om die implikasies van die BELA-wet, die behoefte aan ‘n kind-gesentreerde regsraamwerk, en praktiese beskerming vir gesinne wat buite die raamwerk van konvensionele skool onderwys ontvang.
Hierdie gesprek het gevolg op die Minister se openbare oproep tydens SAELA om onbevrees onderwyswette te verander om sodoende ongelykheid aan te spreek en om opkomende modelle, soos aanlyn en hibriede leermetodes, te reguleer. Lees die artikel in The Citizen.
By die konferensie het ons ook met ‘n wye verskeidenheid sektorverteenwoordigers kontak gemaak, soos amptenare van die DBO en provinsiale onderwysdepartemente, SACE-verteenwoordigers en ander NGO’s wat onderwysregte bevorder. Ons het menings uitgeruil oor werkbare regulasies wat onderwysdiversiteit erken en die outonomiteit van die gesin beskerm.
Op die foto bo: Karin van Oostrum (Pestalozzi Trust), Minister Siviwe Gwarube, Minister van Basiese Onderwys, haar geleide, Christopher Cordeiro (Pestalozzi Trust), Imaad Isaacs (Futures Academy)
Konferensiebydrae: Christopher Cordeiro (Pestalozzi Trust), op die foto hieronder, het ‘n aanbieding gedoen oor “The Medium, the Message, and the Law: Rethinking Education Policy for a Digital Future,” waarin hy betoog het vir wetgewing wat voorsiening maak vir nuwe leermetodes, terwyl grondwetlike regte beveilig word.

Hoofregter Zondo se Boodskap: Kwaliteit Onderwys en Gemeenskapsverantwoordelikheid
Oud-Hoofregter Raymond Zondo het ook die SAELA-konferensie toegespreek met ‘n duidelike boodskap: die grondwetlike reg op basiese onderwys moet gerealiseer word as ‘n reg op kwaliteitonderwys, en gemeenskappe moet ‘n rol speel in die hervormingsproses. Hy het daarop gewys dat onderwys lewens kan transformeer, en het die staat aangespoor om hul verpligtinge onder Artikel 29 na te kom, en ook aandag te gee aan voortgaande ongelykhede in publieke onderwys. Hy het ook gevra dat die gemeenskap betrokke raak om egte verandering te laat geskied.
Oud-Hoofregter Raymond Zondo se toespraak was waardevol en het ons aangemoedig om steeds die siening te huldig dat tuisonderwys die wyse is waarop baie gesinne verseker dat hul kinders kwaliteit onderwys ontvang, en dat onderwysvryheid ‘n voorereiste vir tot kwaliteit onderwys is. Die stelsel moenie versperrings oprig wat kwaliteit, waardigheid en ouerverantwoordelikheid ondermyn nie.
Dit was ‘n eer om Oud-Hoofregter Zondo vinnig te ontmoet – hy het die Geregtelike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping, Korrupsie en Bedrog in die Openbare Sektor, insluitend Staatsorgane, beter bekend as die Zondo-kommissie of Staatskapingskommissie, gelei.
Op die foto: Karin van Oostrum (Pestalozzi Trust), Oud-Hoofregter Zondo, Christopher Cordeiro (Pestalozzi Trust)




