(1) Die Aansoekvorm. Laai dit HIER af. Gebruik ‘n aparte bladsy as u meer plek nodig het om die besonderhede van die onderwysers/fasiliteerders te gee.
(2) Die Lys van Leerders in Excel formaat. [HOU die lys asseblief in EXCEL. Ons kan dit nie in pdf gebruik nie.] Laai dit HIER af.
(3) ‘n Uitgebreide beskrywing van u kurrikulum en benadering, en van hoe u voldoen aan die behoeftes van individuele leerders in u instelling. Doen moeite met hierdie dokument; dit is van die uiterste belang vir u lidmaatskap van die Trust.
(4) ‘n Voltooide en getekende POPI toestemmingsvorm van die ouer/voog van ELKE LEERDER by u instelling. Die Trust het hierdie vorms nodig om u aansoek te kan oorweeg. Laai dit HIER af. Stuur asseblief vir ons ‘n skakel na u Google Drive, waar u hierdie vorms geberg word.
(5) Die kontrak tussen u instelling en u kliënte (die ouers).
(6) Die registrasievorm vir onafhanklike skole wat u afgelaai het van die webblad van u Provinsiale Onderwysdepartement, en inligting van hoe ver u gevorder het met die voltooiing daarvan. (Tans is registrasie as ‘n onafhanklike skool ongelukkig die enigste wyse waarop ‘n onderwysinstelling soos u s’n wettig kan opereer.) Sluit u vorm, enige korrespondensie, briewe en dokumente in.
(7) Ons het foto’s nodig van die binnekant en buitekant van u instelling, asook van die toiletgeriewe.
Belangrik: Het u al u dokumente bymekaar? Stuur ‘n e-pos (sonder u dokumente) aan admin@pestalozzi.org, en ons sal vir u u eie skakel stuur waar u die dokumente kan oplaai. MOET ASSEBLIEF NIE U DOKUMENTE EN FOTO’S VIR ONS E-POS NIE. DIT SAL ONGELUKKIG UITGEVEE MOET WORD, OMDAT DIT TE VEEL RUIMTE INNEEM. Ons sal dit veilig hanteer deur die skakel wat ons aan u sal stuur. Dankie!
WAG ASSEBLIEF VOOR U BETAAL. Ons moet u eers faktureer. Wanneer u die faktuur ontvang het, kan u die bewys van betaling, u aftrekorder of die Onderneming om te Betaal (verkrygbaar van die Pestalozzi Trust) in Excel-formaat instuur.
Belangrik: Gebruik asseblief u FAKTUURNOMMER as ‘n verwysing op ons bankstaat wanneer u betaal, sodat ons u betaling teen u rekening kan allokeer. Dankie!