Huis Tuis Tuisonderwys Sluit aan

Sluit aan

Pestalozzi Trust Aansoekvorm 2018-2022 (klik om af te laai)

Pestalozzi Trust Application Form 2018-2022 (click to download)

 

 

HOE SLUIT EK AAN?

(1) Laai die vorm af.

(2) Maak ‘n EFT van R1200 (of R1080 indien u kwalifiseer vir die afslag, sien onder), OF neem ‘n aftrekorder uit by u bank. Indien moontlik, neem ‘n oneindige aftrekorder uit, wat eenvoudig aanloop en wat u kan kanselleer wanneer u kinders klaar is met skool.

 (3) Skandeer u vorm in. Skandeer u bewys van betaling of aftrekorder in.

(4) E-pos die vorm, die bewys van betaling of die aftrekorder aan defensor@pestalozzi.org.

 

Ledefooie

R1200 per gesin per jaar, behalwe as u u kinders uit die skool haal VOOR u by die Trust aansluit, of binne 3 maande daarna. Dan betaal u R1080 per gesin per jaar.

 

Hoe stuur ek die aansoekvorm aan die Pestalozzi Trust?

Skandeer dit in en stuur dit per e-pos: defensor@pestalozzi.org, of per faks: 011 507 5997, of per pos: Posbus 12332, Queenswood, 0121.

Hoe en wanneer betaal ons die ledefooi?

(1) Betaal die volle ledefooi en stuur die bewys van betaling in saam met u voltooide, getekende aansoekvorm, OF

(2) Neem ‘n aftrekorder uit by u bank vir ‘n twaalfde van die jaarlikse fooi, en stuur u aftrekorder in saam met u voltooide, getekende aansoekvorm.

Hoeveel is die ledefooi?

Die ledefooi is R1200 per gesin per jaar.

Kwalifiseer u vir ‘n afslag? As u aansluit (1) wanneer u oudste 7 word, (2) voor u u kinders uit die skool haal, of (3) binne 3 maande nadat u hulle uit die skool gehaal het, betaal u die afslagfooi van R1080 per gesin per jaar.

Hernu betyds: Lede wat betyds hernu, bly op die ledefooi waarop hulle aangesluit het, ten spyte van verhogings in die ledefooi in die toekoms.

Hoe betaal ons die ledefooi?

U mag eenmalig betaal of per aftrekorder. Gebruik asseblief u voorletters en van as verwysing. Vra u bank om seker te maak dat u voorletters en van op ONS bankstaat verskyn, sodat ons die betaling aan u rekening kan koppel.

Lidmaatskap van die Trust strek oor 12 maande. Strek die jaar vir 12 maande vanaf aansluiting of vanaf Januarie tot Desember?

Die ledetydperk strek oor 12 maande, vanaf die aansluitingsdatum (byvoorbeeld van 1 Januarie 2018) tot 12 maande daarna (byvoorbeeld tot 1 Januarie 2019).

Indien jy ‘n kleinskool, leersentrum of mikroskool bedryf, gaan asseblief na hierdie blad om aan te sluit.