Versoeke vir uitstel van kommentaar op BELA Bill aangeteken

    5708
    6

    BAIE DANKIE vir al julle oorweldigende, vreeslose ondersteuning van die veldtog teen die BELA Bill, wat, as dit aanvaar sou word, dit baie moeilik sal maak om jou tuisonderwys so in te rig dat jy jou kind in sy beste belange tuisskool.

     

    Stop asseblief!

    DRINGEND! Hou asseblief op om e-posse te stuur en te bel na advokaat Rudman om uitstel te vra vir die sluitingsdatum vir kommentaar oor die BELA Bill. As jy nog nie jou brief ingestuur het nie, sit dit op die ys vir ‘n rukkie: hopelik sal die sluitingsdatum vir kommentaar uitgestel word, en sal ons die geleentheid hê om op die wetsontwerp kommentaar te lewer.

    HOEKOM? Adv Deon Rudman van die DBO het vanoggend gebel om my te vra om “my mense” asseblief te versoek om die e-posse en oproepe om uitstel asseblief te staak. Sy rekenaar is oorstroom en hy moes tegnici inkry om die rekenaar te herstel agv die massas e-posse. Ek het verskoning gemaak, en belowe om “my mense” te vra om op te hou.

    Hy het gesê dat hulle kennis geneem het van ons versoek, en dat hulle dit beslis sal oorweeg – prys die Here! Hulle het notisie geneem van hierdie begeesterde tuisskolers se versoeke.

     

    Beswaar aangeteken

    Dit beteken nie dat uitstel verleen is nie, maar ten minste het hulle notisie geneem van ons besorgdheid oor die kort tydjie wat ons gegun word om kommentaar te lewer oor die wetsontwerp. Ons sal DV regverdig aangehoor word. Adv Rudman beloof om teen Vrydag 27 Oktober te antwoord op ons versoek. Prys die Here dat Hy in beheer is, en smeek Hom asseblief dat Hy ons genadig sal wees.

     

    BELA Bill op Facebook en Twitter

    Ons het ‘n Facebook-groep begin vir die BELA Bill, vir kommentaar en bespreking van die Bill, wat julle welkom is om by aan te sluit. Volg asseblief ook die Pestalozzi Trust op Twitter, en hertwiet ons twiete oor die BELA Bill: #BELABill, #homeschoolfreedom, #nocommentduringexams, #stopskoolkaping. Tuisonderwys en Kleinskoolonderwys is nie die enigste Belanghebbende en Geaffekteerde Partye nie; die BELA Bill kry byvoorbeeld groot teenstand van die Skoolbeheerliggame.

    6 KOMMENTAAR

      • Hallo Barbara

        Die koste is R1080 per gesin per jaar. As jy aansluit voor jy begin, of binne 3 maande nadat jou kinders uit die skool gehaal is, betaal jy R960 per gesin per jaar.

        Groete
        Karin

        • Ek doen tuis onderrig vir die afgelope jaar nou, maar moet so aanhou om tegee vir volgende jaar as gevolg van die kaping vir tuisonderrig. Wat moet ek alles doen om aan tegaan ek is tans op impaq die kurrikulum is reg en het by work sheetclouds ook aangesluit vir nog hulp as hy sukkel. Hy gaan baie goed aan en leer baie hard. Dankie Barbara.

    1. Goeiedag, ek gaan vlg jaar my kinders tuisonderrig.. Wil graag weet of ek die skool moet inlig oor my besluit of gaan my kinders maar net nie vlg jaar terug nie. Ek weet nie wat is die regte ding om te doen nie..

      • Hallo Corinne

        Die skool sal waarskynlik van jou inligting vra oor waar die kinders heen gaan. Dit is gewoonlik die beste om vir hulle te se jy het hulle oorgeplaas na tuisonderwys.

        Sluit by die Trust aan, sodat as hulle jou problem gee, jy iemand het wat agter jou staan.

        Groete
        Karin

    'N ANTWOORD LAAT

    Please enter your comment!
    Please enter your name here