Moenie onkant betrap word nie!

    10180
    25
    Gedurende die afgelope twee weke het die Pestalozzi Trust ‘n aantal noodoproepe op die noodnommer ontvang. Dit wil voorkom of die Onderwysdepartement aktief besig is om tuisskolers en klein skooltjies uit te snuffel in ‘n poging om die aantal geregistreerde tuisskolers op hul databasis ‘n hupstoot te gee.
    In ‘n geval in die Noord-Kaap het die beampte die gesin se huis betree sonder om vooraf ‘n afspraak te maak, en sonder om vooraf van sy agenda kennis te gee. Hy het daarop aangedring om te weet waarom die kinders nie as tuisleerders by die Departeent geregistreer is nie.
    Die tuisskoolma het die noodnommer van die Pestalozzi Trust geskakel (die gesin is ‘n lid van die Pestalozzi Trust) en binne minute het die regskonsultant van die Trust die amptenaar gekontak. Hy het aan die amptenaar verduidelik dat die onrealistiese registrasievereistes van die Departement dit vir die gesin onmoontlik gemaak het om hul kinders as tuisleerders te registreer. Daar is afgespreek dat die saak verder bespreek sal word tydens ‘n vergadering tussen die Trust en die Provinsiale Departement, wat DV volgende week sal plaasvind.
    Lede word aangemoedig om toe te sien dat hulle lidmaatskap nie verval het nie, sodat die Pestalozzi Trust hul ledegesinne kan bystaan tydens hierdie onaangename ontmoetings wat so uit die bloute plaasvind.

    25 KOMMENTAAR

    1. Middag

      Ek wil meer uitvind oor registrasie hoe dit werk betaling en is jul dan verandwoordelik om papiere by skool aan te vra as ons homeskool verder die jaar?
      Vriendelike groeye
      Nooi
      Sel 0847434641

      • Hallo Nooi
        Ons is nie ‘n registrasie-owerheid nie. Julle kan dus by ons aansluit, maar dit beteken nie dat julle by die onderwysdepartement geregistreer is nie.

        Julle kan self die oorplasingskaarte by die skool aanvra, en hulle behoort dit vir julle te gee.

        Vriendelike groete
        Karin

    2. Middag, dis Marietjie hier. Ek probeer nou al ‘n geruime tyd ‘n eenvoudige antwoord uit departement uit kry, maar nou ja. Hoop julle kan help.
      Ons is as ‘n sentrum by IMPAK geregistreer. Ons het 11 studente daar geregistreer.
      Ons het egter ‘n paar studente wat graag by ons wil aansluit vir tuisonderrig, maar nie die impak salabus kan bekostig nie. Mag ons hulle by die departement registreer vir tuisonderrig en dan optree as tutors en hulle by ons sentrum onderrig? Wat is die implikasies?
      Groete

      • Hallo Marietjie!
        Is julle sentrum lid van die Trust? Ek neem aan julle is nie lid nie; anders sou julle ons gekontak het.

        Die leerders in ‘n tutorsentrum kan nie by die dept geregistreer word as tuisleerders nie, omdat hulle nie onderwys by hulle eie huise ontvang nie. Julle moes dus eintlik die 11 ook nie daar geregistreer het nie.

        Onthou dat die departement julle sien as ‘n onafhanklike skool, wat moet registreer as ‘n onafhanklike skool om wettig te wees.

        As ek julle was, sou ek nie hierdie ander leerders ook probeer registreer nie, want julle vestig net die aandag van die departement op julle, en dit kan julle in die moeilikheid bring.

        Vriendelike groete
        Karin van Oostrum

        • Hi Karin, baie dankie. Ek het so gedink ja. Ek het gister julle kantoor geskakel en het reeds fotos geneem, besig met die lys van student wat ek vandag nog gaan aanstuur om by julle geregistreer te raak. Ek het ook vorms afgelaai van die department om te “onbegonne” taak van “privaatskool registrasie” te probeer aanvat.

    3. Goeie dag,

      Ons is nuwe tuisskool ouers en het onlangs eers van julle te hore gekom. Ons wil graag aansluit by julle as lede. 

      Ons tuisskool beide ons kinders, 10 en 12 amptelik vanaf hierdie jaar. Na vele navorsing en oorweging het ons besluit om die kinders eers te “unschool”. Ons het hulle reeds vroeër verlede jaar uit die publieke skool gehaal om te “unschool” en nou spring ons volstoom aan die werk.

      Ek het reeds ‘n epos gestuur na die epos adres soos hierbo gemeld om die registrasie vorm te bekom..

      Ek het ook graag ‘n vraag wat ek wil vra indien moontlik. Is dit verpligtend om gebruik te maak van ‘n geregistreerde curriculum bv impak of breinlyn wat die onderrig monitor? Ek stel self ons kinders se leermateriaal op uit ‘n wye verskeidenheid van inligting en curriculums om sodiende die beste leermateriaal beskikbaar te hê wat pas by ons behoeftes, leefstyl en tydraam. Ons het dus geen sentrum wat rapporte ens uitreik nie. Ek monitor hulle vordering self en sal hersien of aanbeweeg volgens hulle prestasie. Kan hierdie besluit moontlik later vir ons ‘n probleem word?

      ‘n Bietjie duidelikheid rondom dit sal ongelooflik baie waardeer word.

      Ek sien uit daarna om van julle te hoor.

      Baie dankie

    4. Goeie dag. ons het besluit dat ons nie ons seun (10) gaan trug sit in die skool wanneer die skole nou weer begin. na baie navorsing het ons besluit dat tuis skool better vir ons gaan werk. Daar is n paar vrae waarop ek nog nie n antwoord gekry het nie en ek is baie onseker daaroor. Ek het n oorplasings kaart maar ek wonder hele tyd wat van die kind se leers (files) moet ek dit van die skool af kry en hoe kry ek dit as ek moet? Ek is baie onseker oor die 1ste stappe wat ek moet neem. Ek wil hom unschool en wil ook ons eie curriculum gebruik.

      • Hallo Heleen
        Geluk met jou besluit om jou seun te tuisskool.
        Gaan jy die lêers van jou seun nodig kry? Wil jy hom weer in die skool sit op ‘n stadium? As jy beplan om hom enduit te tuisskool, gaan jy dit waarskynlik nie gebruik nie. In daardie geval kan jy die lêers maar by die skool los, dink ek. Het jy hulle al gevra daarvoor? As daar iets is wat jy of hy graag wil onthou, kan jy seker dit vir hulle vra. Hulle hoef net minimale rekords van leerders te hou, sover my kennis strek.

        Dis ‘n goeie idee om aan te sluit by die Trust, sodat jy iemand het om jou te ondersteun as mense vir jou moeilikheid maak. Die aansoekvorm is op ons webblad.

        Het jy al die artikel oor hoe om te begin op ons webblad gelees? Ek sou sê vir die heel begin kan julle saam gesels oor wat julle alles graag wil doen, vir hom Wiskundeboeke kry (www.brombacher.co.za) en aansluit by die biblioteek. Neem lekker boeke uit en begin vir hom voorlees vir ‘n uur op ‘n dag. Betrek hom by die huis- en tuinwerk, en gesels net baie. As jy idees soek vir boeke om te lees, kan jy my kontak.

        Groete, en geniet dit!
        Karin van Ostrum (karin@pestalozzi.org)

    5. Goeie middag. Ek is n nuwe tuisonderrig ouer. Ek het die aansoekvorm reeds ingevul, maar wil net weet kan ek my kind dadelik uit die skool uithaal of moet ek eers wag om van julle te hoor. En wat is die presiese bedrag wat ek moet betaal

      • Hallo Lindie

        Jou ledefooi is R960. EK het jou vorm deurgegaan, en dit is in orde.

        EK sien julle het R1080 betaal. Julle het dus ‘n krediet van R120 by die Trust. HOu dit in gedagte as julle weer hernu volgende jaar. Andersins kan ons dit aan julle terugbetaal. Laat weet dan net asseblief julle bankbesonderhede.

        Vriendelike groete
        Karin van Oostrum
        (Bestuurder: Pestalozzi Trust)

        • Goeie dag,

          Baie dankie, ons kan dit maar oorskuif na vogende jaar. Wil net graag weet kan ek my kinders dadelik uithaal uit die skool

          • Jy kan hulle dadelik uithaal, ja.

            Ek lei af hulle pa is positief oor tuisonderwys. Dit is belangrik om dit in gedagte te hou, sodat hy nie later dit moeilik maak vir julle om voort te gaan met tuisonderwys nie.

            Karin

        • Goeie naand. Ek het n vraag. My klejndogter het besluit sy wil tuìs
          Sy het by julle geregistreer sy sukkel om n plek te kry om Online te leer
          Hulle het nie baie finansies tot hulle beskiking kan julle help asb.

    6. hi ek wil net asb vra eks by jul regestreer hoe weet ek of my regestrasie nog geldig is en waner weer te regestreer asb dan wil ek hoor waar kry ek n lys van curuculum verskaffers en pryse asb en hoe weet ek as hul met die departement konkel om my te laat regestreer by departement asb dankie

      • Hallo Sonja

        Ek dink ons het per e-pos gekommunikeer oor julle aftrekorder, wat jy ingegaan het bank toe om reg te maak. Julle lidmaatskap is wel nog geldig.

        Die beste opsie vir ‘n kurrikulum is om vir Lindy Malan van Beit HaSefer te kontak – sy bied nie assesserings aan nie, en konkel nie met die DBO nie. Haar nommer is 012 546 0701.

        Niemand kan jou by die DBO registreer sonder dat jy dit weet nie: jy moet self die vorms invul en onderteken. As jy twyfel oor iets, moet jy ons maar net dadelik kontak.

        Vriendelike groete
        Karin

    7. Goeiedag
      Wat is die kostes asb.? Ons het die nodige boeke vir ons seun aangekoop vir graad 4 en doen van die begin 2017 tuisonderrig sonder dat ons geregistreer is. Ons is bekommerd dat ons seun nie iets agter sy naam het wanneer hy tuisskool doen en ontvang geen verslag na elke eksamen nie. Hoe kan ons tewerk gaan. Al die ander tuisskool plekke is ontsettend duur.

      Kan u asb help en vir ons die nodige pryse en inligting deurgee asb. Ons sit al met ons vingers in ons hare.

      Baie dankie

      • Beste Yvette

        Hou in gedagte dat daar net een kwalifikasie in SA is, nl Matriek. Al die ander jare is net “oorgangspapiere”, wat ‘n mens nodig het as jy ‘n skool bedryf met baie kinders in een klas.
        In tuisonderwys is dit nie nodig nie, want mens weet mos wat jou kind doen. Wanneer julle seun ongeveer 14/15 is, kan hy besluit watter matriek hy wil doen, en of hy dit nodig het vir sy beroep. Dan kan hy kies tussen die SA matriek, die Amerikaanse GED of die Cambridge. Tot dan kan julle hom ‘n goeie opvoeding gee. Hou dus gerus maar aan soos julle tans tuisskool, met boeke.
        Die koste vir aansluiting by die Trust is R1080 per gesin per jaar. Die vorm is op die webblad.

        Vriendelike groete
        Karin van OOstrum

    8. Goeiedag

      Ek wil probeer om my seun nou 10 jr our en in Gr 4 volgende jaar 2019 by ‘n tuis onderrig sentrum in te skryf maar kry geen afrikaanse sentrums of persone op google daarvoor nie. Waar doen ek navraag vir tuis onderrig sentrums?
      Ek soek in Randburg, Fairland of Weltevredenpark area n plek asb
      Kan iemand my asb help.

      Baie dankie

      Mariana

      • Hallo Mariana

        Jy kan op die Facebook-groep “SA Cottage Schools and Tutors” aanteken en daarop vra. Hulle behoort jou te kan help.

        Karin van Oostrum

    9. Asb help ons met aanlyn tuisonderig vir ons 9jarige kleinseun met CP 1. Kan julle aanbevelings aan ons asb stuur. Sy mamma is 2 maande gelede oorlede?
      By voorbaat dank.

      • Goeiedag!

        Kan julle ons asseblief skakel by 012 330 1337 of 012 3311018? Ons sal meer inligting moet inwin voor ‘n aanbeveling gemaak kan word.

        Dankie!

        Karin van Oostrum

    'N ANTWOORD LAAT

    Please enter your comment!
    Please enter your name here