Die Pestalozzi Trust se werksaamhede gaan voort

    3049
    0

    Na die afsterwe van Leendert van Oostrum, wat in lewe die Voorsitter en Bestuurder van die Pestalozzi Trust was, het die Trustees besluit dat die volgende drie Trustees van die leemtes wat na Leendert se afsterwe ontstaan het, sal vervul.

     

    • Bouwe van der Eems, wat die afgelope 15 jaar in die Dagbestuur van die Trust as Tesourier betrokke was, sal die rol van Voorsitter vervul.
    • Karin van Oostrum, wat saam met Leendert die Pestalozzi Trust gestig het, en sedert die stigting in 1998 aan Leendert se sy gewerk het as Sekretaris van die Trust, sal die rol van Bestuurder vervul.
    • Advokaat André Williams gaan die bestuur ondersteun as regskonsultant. Hy is geruime tyd reeds Trustee van die Pestalozzi Trust en was betrokke in verskeie gesprekke met die owerhede oor tuisonderwys.

     

    Die werksaamhede van die Trust gaan dus voort. Die navraag- en inligtingfunksie, asook die 24/7-noodlyn bly onveranderd en is steeds in werking, soos altyd. (Juis op hierdie oomblik is ons landlyne ongelukkig buite werking as gevolg van ‘n storm, maar ons vertrou dit sal binnekort herstel wees. Ons kan egter ook per e-pos bereik word, en die noodnommer is onveranderd en beskikbaar.)

    'N ANTWOORD LAAT

    Please enter your comment!
    Please enter your name here