Huis Nuus Finale Weergawe: Konsep Bela Bill

Finale Weergawe: Konsep Bela Bill

3534
0

Op 19/12/2019 het die Pestalozzi Trust die voorgestelde “final version of the draft BELA Bill” (gedateer 13/12/2019) van die DBO ontvang. Die Trust is ook uitgenooi na ‘n vergadering met die DBO om die veranderinge aan die BELA Bill te bespreek.

Gedurende die afgelope twee jaar was die Trust gereeld in kontak met die DBO om betekenisvolle deelname oor die voorgestelde veranderinge te probeer bewerkstellig. Die DBO het belowe dat die Trust die geleentheid sou kry om met hulle te vergader voor die BELA Bill voor die parlement dien.

In vergelyking met die vorige weergawe, is daar ‘n paar positiewe veranderinge in die voorgestelde wetsontwerp, maar die wesentlike probleme is nog steeds dieselfde. Ons sal dit aan die Minister en haar span uitlig.

Die Trust bestudeer tans die veranderinge aan die BELA Bill, en sal met die hulp van ons regspan argumente voorberei om die regte van tuisskolers te beskerm.

‘n Paar sleutelfeite:

• Die BELA Bill is nie wet nie.
• Dit is nog steeds slegs ‘n “voorgestelde” weergawe van die BELA Bill.
• Die huidige weergawe is deur die DBO versprei met die oog op verdere gesprek met die DBO.
• Na ons beste wete het hierdie dokument nog nie voor die kabinet gedien nie. Dit is die eerste stap in die proses om ‘n wet te word.
• Die BELA Bill het nog nie voor die parlement gedien nie, wat die tweede stap is in die wetwordingsproses.
• Die parlement sal openbare verhore oor die voorgestelde BELA Bill hou.
• Die parlement kan groot veranderinge aan die BELA Bill aanbring.
• Die parlementêre proses kan enigiets van twee tot vier jaar duur.
• Dan eers sal dit wet wees.

We have been in regular contact with the DBE over the last two years, requesting meaningful participation. The DBE promised to allow us an opportunity to interact with them prior to the BELA Bill being tabled in parliament.

There are some positive changes in the proposed Bill but the essential problems remain and we will be highlighting these to the Minister and her team.

We are currently studying the changes to the Bill and will with the aid of our legal team advance arguments to protect the rights of home educators. Should you have any comments kindly send them to the Trust.

A few key facts:

• The Bill is not law.
• This is still a “proposed” version of the Bill.
• The current version has been distributed to allow for further engagement with the DBE.
• To the best of our knowledge it has not been formally placed before cabinet. That is the first step to it becoming a law.
• The Bill not yet been tabled in parliament, which is the second step to it becoming a law.
• Parliament will conduct public hearings on the proposed Bill.
• Major changes can be made to the Bill by parliament.
• The parliamentary process can take anything from two to four years.
• Only then will it be law.

'N ANTWOORD LAAT

Please enter your comment!
Please enter your name here