Huis Nuus Eerste African Home Education Indaba in Suid-Afrika Gehou

Eerste African Home Education Indaba in Suid-Afrika Gehou

2374
0

‘Home education is a right of parents and children that must be protected by every state. Nations that respect and protect the right of parents and children to home educate demonstrate a commitment to respecting human rights, but governments which restrict home education don’t trust their citizens,’ aldus Mike Donnelly, SC, Director of Global Outreach by die HSLDA. Hy was ‘n hoofspreker by die historiese eerste African Home Education Indaba, wat van 17 tot 19 Oktober, 2019, in Pretoria gehou is. Dit is georganiseer deur die Afrika-subkomitee van die GHEX, waarvan die Pestalozzi Trust lid is. Afgevaardigdes van ‘n aantal lande, namens die VSA, Kanada, Rusland, Kenia, Uganda, Namibia en Suid-Afrika, en het byeengekom om hul solidariteit as tuisskoolbeweging te bevestig.

Alhoewel die reg op tuisonderwys in baie internasionale verdrae en dokumente, soos die UDHR (1948), beskerm word, is ouers internasionaal en in baie Afrika-lande, soos Kenia en Uganda, voortdurend in ‘n stryd gewikkel teen staatskending van ouer- en gesinsregte, volgens Godfrey Kyazze, tuisskoolleier van Uganda. Peter Stock, President van die HSLDA in Kanada, het berig dat selfs lande soos Kanada dieselfde bedreiging vir tuisonderwys ondervindreported that even countries like Canada experience the same threat to home education. In South Africa the freedom of homeschooling parents will be seriously restrictled if the BELA Bill, published for comment in October 2017, is passed as law.

‘Homeschooling is good for children. It’s good for families. It’s good for communities. It’s good for countries. It’s good for the whole world,’ het Donnelly gesê. In sy toespraak oor vryheid in die onderwys het Alexey Komov, Russiese tuisskoolleier en raadslid van die GHEX, getuig van die vryheid wat tuisskolers tans in die voormalige Sowjetunie geniet, waar gesinne aktief die verantwoordelikheid opneem om hul kinders self groot te maak, in plaas daarvan om hierdie reg aan die Staat oor te maak.

Beleidmakers en staatsamptenare wat die Indaba bygewoon het, het deeglik nagevorsde inligting oor alle aspekte van tuisonderwys ontvang. Internasionale navorsers wat die Indaba bygewoon het, is dr. Debra Bell, outeur en navorser van die VSA, en dr. Brian Ray, van die National Home Education Research Institute in die VSA. Navorsing bevestig dat die hoeveelheid en intensiteit van regulering in tuisonderwys nie bydra tot die sukses van tuisskolers nie.

Die Indaba is inderdaad ‘n simbool van hoop. ‘We have been able to inspire and inform one another,’ het Canute Waswa gesê. Hy is ‘n tuisskoolpa en leier van die East African Community of Homeschoolers. ‘A generation of passionate young parents are rising up who are determined to do whatever it takes to ensure that homeschooling succeeds, not only for their generation, but also for the generations to come!’ Ten spyte van baie struikelblokke op regs-, sosiale en politieke gebied, kon die afgevaardigdes na die Indaba bevestig dat tuisonderwys in Afrika springlewendig is en hier is om te bly.

'N ANTWOORD LAAT

Please enter your comment!
Please enter your name here