Hofsege vir tuisskoolgesin

    2949
    0

    Die Doe-gesin van KwaZulu-Natal is uiteindelik op 14 Desember 2015 herenig nadat maatskaplike werkers die kinders agt maande tevore verwyder het “omdat hulle nie ’n skool bywoon nie”.

    Die kinderhof het hul drie oudste kinders (van wie die jongste maar drie jaar oud is) permanent in die sorg van hul ouers teruggeplaas, en ook al die vorige bevele herroep, wat die kinders en hul ouers soveel hartseer besorg het. Die kinders is in April 2015 van die gesin verwyder. Die enigste redes wat in die hof aangevoer is, is dat die kinders nie skole bygewoon het nie en dat die ouers die kinders met hul godsdienstige oortuigings “geïndoktrineer” het.

    Hierdie oorspronklike verwyderingsbevel het “die mees bisarre hofsaak” ingelui wat Advokaat Avril Potgieter (SA) volgens sy mening in sy hele loopbaan teëgekom het. Adv Potgieter was die senior van drie regsverteenwoordigers wat die Pestalozzi Trust gekry het om die gesin te verteenwoordig. Die ander twee was mev Paula Barnard, prokureur van Pietermaritzburg en adv Deon Schaup, wat as junior vir Adv Potgieter opgetree het.

    Die hof het ook geweier om die aanbevelings van die maatskaplike werker en ander “belanghebbende partye” te aanvaar, naamlik dat die hof ‘n bevel uitreik wat die maatskaplike werker magtig om vir ‘n jaar lank toesig te hou oor die gesin se tuisonderwys.

    Die voorsittende beampte op die 14de Desember 2015 was reeds die derde sedert die saak in April 2015 ‘n aanvang geneem het. Hy het opgemerk dat daar niks verkeerd is daarmee dat ouers hul kinders volgens hul eie geloofsoortuigings grootmaak nie en dat so ‘n opvoeding net beter mense van die kinders kan maak. Hy het dit ook baie duidelik gemaak dat na sy mening hierdie kinders nooit voor die hof gebring moes gewees het nie, en dat die saak op ander maniere beredder kon word.

    Hierdie opmerkings hou ‘n ernstige vermaning in aan die maatskaplike werkers wat die saak voor die hof gebring het en aanbeveel het dat die kinders van hul ouers verwyder moes word.

    Die Pestalozzi Trust deel in die vreugde van die gesinnetjie en betuig ook sy waardering vir die toewyding en die werk van die regspan wat die Trust uitgekies het om die gesin op die koste van die Trust te verteenwoordig. Baie dankie ook aan die ander tuisskoolgesinne wat bygedra het tot die koste van die saak tot dusver. Ons kan dit nie beter verwoord as Mnr Doe self nie, wat namens sy gesin soos volg aan die Trust en die regspan geskryf het:

    “We as a family are extremely grateful for the roles you all have played in our lives and for standing on our side in this trying time that we have been faced with. 

    “It has been a difficult journey for us all and it brings unspeakable joy to us that you all have stood by our side especially when we felt like giving up and when we thought there is no hope.

    “Words can never express our gratitude and appreciation towards you all.

    “Mr van Oostrum, you are God sent and [my wife] and I have been speechless since the day the Pestalozzi Trust offered us their services.  I pray there are more people like you on this earth and this too goes for Paula, Deon and Avril.

    “God has granted us the victory today and He has come through strong for us all and to Him be all the praise, glory and honour and I thank you all that you have been available for God to work through. 

    “God bless you and your families dearly and may His hand be upon you all.

    “Thank you very much and I pray we can all meet again to celebrate our victory, if God permits.

    “Die Here wat ons dien, Hy is so wonderbaar”.

    'N ANTWOORD LAAT

    Please enter your comment!
    Please enter your name here